Saturday, August 14, 2021

My ou Tjommie Kerneelsie

 My ou Tjommie Kerneelsie


Ou Anna sê mos die vanaand vir my en Kerneelsie dat sy dink dit gaan beter wees as ons drie saam onder die kaartbord boks gaan slaap, dan hou ons mos mekaar lekker warm deur die koue nag. So ga slaap ons drie so in die boks saam met Anna in die middel. Kerneelsie is bietjie van 'n snorkerige mens en het sommer dadelik aan die snorre geraak. Maak ek moet ook sê hy darem moerse vatterig ook. Nou ek is nog nie nasstenby so lank soos die twee op straat nie, en ek het maar nog van my ma se maniere in my. Ek maak elke dag seker ek gaan was my daar by die karavaan park se badkamer. Dit gebeur baie dat van die inwoners die hulle sjampoo en seep daar in die stort vergeet. So het ek al 'n ou tande borsel en tandepasta ook opgetel. Ou Kerneelsie lag my altyd uit as ek daar na die karavaanpark dwaal. Hy is van mening dat al die jare se vullis help om jou warm te hou in die nag en die hitte slaat ook nie so erg deur al die lae nie. Nou ja dis sy opinie. Ek hou daarvan om darem skoon te wees.


Nou ja hier wa ek nou so teenaan Annatjie lê, ruik dit vir my kompleet na een van daai dae wat ek laas gaan snoek vang het op een van die skuite daar in die Kaap. My gedagtes gaan sommer ver terug na daai ou goeie dae, toe 'n man nog hoop en geliefdes gehad het. Dis ook nie asof ou Kerneelsie te ver agter Annatjie lê nie, want hom ruik sommer self na 'n ou verrotte stuk vis. Dis maar moeilik om so onder die omstandighede aan die slaap te raak. Ek wonder of ek nie moet opstaan en die ou klankies van die lyf moet gaan afwas nie. Heimlik is ek baie bly dat ou Annatjie aan Kerneelsie behoort want as my houvrou so moes ruik sou ek lankal die pad gevat het. 

Kerneelsie raak skielik weer onrustig, seker weer een van sy nagmerries oor sy verlede. Ja die arme man se verlede is een helse nagmerrie. As ek hy was het ek al lankal Australië toe geïmmigreer. 


Kerneelsie was vir jare lank juis besig om vir hom 'n boot te bou. Eintlik het hy niks gebou nog nie, maar hy het die planne gekry eendag, toe iemand 'n Bybeltjie in sy hand gestop het. Nie dat hy kan lees nie, maar hy het toe skielik hierdie gedagtes uit die verlede gekry van die dinge wat hy kon onthou wat in die Bybel staan. Eers het hy die storie van Noag en sy ark onthou. Maande daarna moes ek en ou Annatjie nog steeds elke aand na Moses se stories luister. Ek is seker die stories van Noag se Ark en Moses se ark in die woestyn het so bietjie deurmekaar geraak. Noag het die Israeliete die woestyn ingely en vir 40 jaar het hulle die Ark die woestyn ingedra. Dis met dieselfde ark dat hulle oor die see is en weer deur die Jordaan rivier.


Kerneelsie was al so lank op straat en sy stories en die Bybel stories het sommer deel van mekaar geraak. Op een of ander manier het Kerneelsie self vir Moses die Ark help dra, self op die ark gedryf en ja natuurlik was 'n storie oor Kerneelsie se lewe. Hy was in hengse gestryery e met Moses en later Joshua. Kerneelsie was ook by toe die moerse vis vir Jona ingesluk het. Jona was sy groot tjommie en hy het vir dae aaneen gehuil en toe hy weer 'n paar jaar later vir Jona raak loop, het hulle heel aand party gehou terwyl jona sy storie vertel het. As ek nie vir Kerneelsie so goed geken het nie, en ook nie so bietjie van die Bybel geweet het nie, sou ek maklik kon dink dat Kerneelsie saam met Jona in die vis se maag was en dat hy nog nie gebad het vandat die vis hom daar in die Valsbaai uitgespoeg het nie.  


Annatjie het natuurlik alles geglo wat Kerneelsie vertel het. Sy het altyd aan Kerneelsie se lippe gehang as hy sy stories vertel het. Dan het sy net altyd haar kop geskud en gesê: Aai Here tog Kerneelsie my arme man, waar was jy noe ok orals in jou lewe nie. Ek dink nogal dis ok al rede hoekom sy so aan Kerneelsie hang, sy aanbid die grond waarop Kerneelsie loop. Eens op 'n tyd was hier op die dorp 'n paar kerkmense wat 'n sop kombuis begin het. Die mense het opgegee want Kerneelsie het hulle amper aangerand. Hy was oortuig dit was die Egiptenare wat kom en probeer om hom terug te lok sodat hy weer as 'n slaaf moet gaan werk. Hy het al was hy hoe honger nooit sy voete naby aan die mense gesit nie. As hy nie gedink het hulle is die egiptenare nie, het hy hulle beskuldig dat hulle was 'n klomp fariseërs. 


Ai die ou Kerneelsie tog. Behalwe vir al sy stories is hy die sout van die aarde. Sal nie 'n mens skade aandoen nie. en sal altyd sorg dat ou Annatjie elke aand en oggend 'n warm ietsie het om te drink en te eet. Hy het gesorg vir haar, maak nie saak hoe nie. Hy het altyd verduidelik dis die manna uit die hemel. Nou weet ek nie of hy bedoel het, Annatjie is die manna uit die hemel nie of die kos wat hy vir haar aangedra het.

Nou hier lê ek nou vannaand nie eintlik lus vir die slapery nie. Wonder of ek moet opstaan, maar daai security ou by die karavaanpark wat aan diens is in die aand hou nie daarvan dat ek daar ga shower nie. Dis daai vriendelike antie in die dag wat maar maak asof sy my nie sien. 

So raak ek toe maar aan die slaap met al die Bybelse gedagtes en Kerneelsie saam. Partykeer wonder ek of die gedagtes oor die Bybel dieselfde is as om te bid. As ek die Here was en ek moes die mense oormaak, dan het ek almal in die bosse laat slaap. Kyk dan vir Adam en Eva, hulle het ‘n hele paradys vir hulself gehad.  


------- 000 00 000 ------

Vir ons bosslapers is dit nie ongewoon om in die middel van die nag wakker te skrik en te moet hardloop vir ons lewe nie. Ons is mos die eerste wat beskuldig word as iets verkeerd gaan in die dorp. Sommer ten minste een keer ‘n week word ons deur die polisie opgejaag, en dan word ons dinge mooi deursoek vir iets wat dalk weg geraak het by die lanies se huis in die dorp. Dis nou een ding wat ons drie nooit doen nie.  Ons hou ons hande af van ander mense se dinge. Dis daai lot wat onder die brug slaap en bloutrein drink wat nie weet hoe om aan te pas nie. Kyk die Bybel sê baie mooi en helder: Jy mag nie steel nie.  


So lê ek toe en slaap nog vanmore toe ek met een hengse lawaai wakker word, gedink dis weer die boere. Gelukkig was dit Kerneelsie, hy is mos altyd vroe môre eerste wakker. So het hy hier nog diep donker more, skielik opgespring alles wat geskop kan word omgeskop soos hy toe nou sukkel om sy weg te vind. Seker gou daar agter die bos gaan water afslaan.  Dit was vir ‘n lang ruk stil, bietjie te lank vir ‘n water aflanery so moes maar seker een van daai ernstiger dinge gewees het. Nou terwyl hy so agter die bosse sit en sukkel het, het ek maar weer so die oë toegemaak en weggeraak. Di toe dat Annatjie wat ook nie helemaal wakker was haar hand hier nader aan my privaat dinge plaas.  Nou dis net dar dat ek toe maar  besluit ek ga ok maar opspring. Dis met die opspring dat Kerneels sy dag se geselsies beginner, en hy weet mos nie wanneer om op te hou nie.


“Pietertjie”, gooi hy dit van daar agter die bos: “kyk die maan.  Vandag gaan die visse byt. Ons moet daar by die rots gaan visvang. Kry jy solank vir ons die stokkie reg.“ Nou vir al die jare wat ek Kerneelsie ken het hy nog nooit gaan visvang sonder om ‘n vis te vang nie. Hy vertel dan mos ok altyd dan die storie van daar by een of ander groot dam waar hy saam met die ander dissipels  besig was op ‘n skuit om heelnag te probeer om vis te vang. Dit was ‘n verkeerde nag om te vang en toe die son opkom en hulle het nog niks in die boot om huis toe te neem het hulle erg bekommerd geraak. Dis toe dat die man met die wit kleed daar langs die dam staan en skree hulle moet die net aan die ander kant vna die boot uitgooi. Hahaaha het Petrus gelag; “ons probeer al heel nag man. En wat weet jy nou anyway.” Die man het weer geskree en die keer het dit geklnk of hy weet wat hy van praat, dus het ou Petrus toe mos maar die net aan die anderkant gaan uigooi. En so wrintiewaaar vertel Kerneels daar skeer die nette toe, so vol was dit van vis. Die boot het amper gesink. Kyk end daai dag het hulle geparty van al die vis. 


Die man wat hulle gese het van die vis aan die anderkant het so sommer dadelik deel geword van die groep van Kerneels. Kerneels het altyd vertel van die 12 tjommies wat hy gehad het.  Hy het ook altyd  volgehou dat hy seker was dat dit dieselfde stem was wat eendag met Moses gepraat het daar in die Woestyn en ook die een wat hom vertel het om sy ark te bou. 

Die man het ook eenkeer toe hulle weer vis gevang het ‘n 5 bop uit die vis se maag gehaal het.  Kyk ou Kerneels het op sy dag seker vers te veel dagga gerook. Dis al hoekom ek dink sy stories het heeltemal verward geraak met die Bybel se stories. Ek wonder soms of hy nie ‘n dominee was vroeer in sy lewe nie. So kom ou Kerneels toe te voorskyn van agter die bos uit. Hy staan en kyk met groot deernees na ou Annatjie terwyl sy daar so lê en slaap. Ag die arme man sal ook nie sonder Annatjie kan klaar kom nie, al baklei en stry hulle ook heeldag deur. Ook maar goed ek loop nie saam met hulle heel en al dag nie. So staan hy en staar vir ‘n lang tyd na haar. Seker gewonder of hy haar nou moet wakker maak en of hy eers die vissie gaan vang en dan kom gaar maak. Hy kan sommer enige tyd van die nag besluit dis nou tyd om te gaan visvang. En sowaar as wragtig hy was solank ek hom ken nog nooit verkeerd. Nie lank nie dan trek hy daai blinke uit die water. En dis nie eens dat hy altyd by dieselfde plek gaan vang nie. Met al sy nonsense praat en al is ou Kerneels my beste tjommie. 

------- 000 00 000 ------

Kerneelsie het toe maar vir Annatjie laat slaap, dit was in elke geval nog baie donker en nog lank voor dit lig word. So drentel die twee van ons toe af na die see. “Waar ga ons vanmore daai vissie uittrek Kerneels”, vra ek nuuskierig. Partykeer kan hy tot ver anderkant stap. “Dis nie ‘n vissie vandag nie boetie.” Vertel Kerneels ewe brekerig asof hy al  klaar die ding aan die hoek het. “Dit is ‘n groterige kabeljoutjie vandag. Dis mos Vrydag en kyk die maan en daai mistigheid in die luggie. Dis Kablejou se brekfis tyd die daar onder by die groot rotse.”  So stap ons so tussen die huise verby af oor die grootpad en dan al met die veldpaadjie langs deur die  ou bouvalle en dan onder die parkeer terryn en nog ‘n klein paadjie af tot op die rotse.  Ou mal Flippie slaap mos baie daar, maar vanoggend is hy nie daar nie. Partykeer help mal Flippie vir die polisie dan slaap hy sommer oor by die stasie. Ou Flippie het al menigte mense in die tjoekkie laat beland. Hy weet alles wat aangaan en vertel dan vir die polisie. Die ander lot bosslapers, as  hulle vir Flippie op straat kry slat hulle hom gewoonlik stukkend. 


Sit ons se sakkies neer en ou Kerneelsie se stok is sommer tjop-tjop reg vir die vangs. Ou Kerneels gooi daai lyn dat hy sommer ver oor die branders trek. Reg daar in die sloepie en so gaan staan Kerneels. ‘n Mens kan sien sommer so aan die manier hoe die man daar staan, hy weet wat hy doen. Dis Kerneels se grootste oomblik. Ja en moenie dan met hom praat nie. Vir hom is dit nooit ‘n heeldag affere nie, en daarom moet jy stil bly. Dis seker omtrent al tyd wat Kerneels nie ‘n woord uiter nie. Die man staar na daai water asof hy deur dit kan sien. Partykeer wonder ek of hy nie met die vis staan en praat so in sy gedagtes nie. Soos ek hom ken preek hy seker dik stukke vir daai vis. 

Ag dit was ook nie lank nie tor pluk daar ‘n ding aan die lyn en die punt swaai sommer amper tot op die rots. Kerneels pluk terug en katrol so vinnig as wat hy kan. Kort kort gee hy net so bietjie skiet net om hom net weer ‘n ordentlike pluk te kan gee. Net dood seker ta maak dat die vissie regtig die hoek in sy bek het en dat hy nie ‘n wegkom kans het nie. Die was ‘n grote, ‘n regtige grote. Kan sommer so aan die stok sien dat ons vanmore lekker gaan smul. 

------- 000 00 000 ------

Op pad terug gaan ons by die garage langs en daar gaan vra ek vir Simpihwe vir ‘n entjie. Ou Simpiwe werk nagskof by die Caltex garage in Main Road. En gee altyd sonder om te kla vir my en Kerneels elkeen ‘n entjie. Die sit ek in my mond en steek dit aan die brand met die boksie vuurhoutjies wat hy ook vir ons gegee het. By die winkeltjie wat heelnag oop is vra ou kernels vir ‘n paar korrels koffie. Die vrou wat daar werk help graag. Ons is mos nie moeilikheid makers nie. Aag heerlik is die entjie so vroeg in die more. Stil stmaak die potjie oop en gooi genoeg koffie poeier in ‘n sakkie vir 3 koppies koffie. Kerneels vat sommer so 10 pakkies suiker wat daar langs die koffie masjien lê. Dit is nou al skemer, dis Vrydag en einde van die maand vandag gaan die dorp weer baie besig raak. Dis payday, fortnight en al die dinge, so vandag gaan dit weer goed gaan. Ons gaan weer lekker kuier vannaand.


Stil stap ons aan tot by die Italiaanse restaurant daar op die hoek. Agter die restaurant is ‘n klomp swart sakke en ek en Kerneels werk deur almal en kry sommer klomp stukkies oorskied pizza van die vorige aand. Nou is dit net nog die stukkie bult op tot daar waar Annatjie nog lekker lê en slaap onder die uitkyk punt.  Mense sê die view dar waar ons slaap is een van die mooistes in die wêreld. Tesame met ou Kerneelsie wat so in sy nopies is met sy groot vangs, sy koffie en al die pizza, gaan ons drie vanmore hier ‘n feesmaal geniet.


 By die uitkykpunt sit ou Charlie lankal besig om al sy draadwerk uit te stal vir die dag se toeriste. Hy is al klaar besig met ‘n nuwe draad skilpad. Charlie woon in die township en ko altyd vroeg hier by die uitkykpunt werk. “More” groet ou Charlie. “Hoe lyk dit vanmore asof julle weer vyfster gaan eet?” “Gaan goed.” sê  ek en Kerneels amper gelyk. “Daar sal vir jou ook ‘n ou happie wees ou Charlie.” Voeg Kerneels by. “gee kans bring nou-nou vir jou ‘n stukkie kabeljou met pizza.”. Ou Charlie glimlag so groot. ‘n Mens sien sommer al drie sy tande skitter in die sonnetjie wat nou al sy kop oor die see uitgesteek het. 


Ons stap langs die uitkyk verby en af met die steilte tot so tien meter verder onder, daar waar die een rots so lekker oorhang en mens darem skuiling kan kry as dit sou reen. Ou Annatjie is al op en het die vuurtjie aan die gang so al asof sy geweet het ou Kerneelsie gaan met ‘n vis aankom. Die Blik met water is ook al besig om warmer te raak. 


Ou kernels haal die plank uit, gooi een van die stukke ou koerante oop, en begin die kabeljou oop te vlek en skoon te maak. Annatjie sê: “Here Kerneels waar kry jy daai meneer?” Kerneels antwoord nie eens nie hy geniet homself gate uit. Hy begin vir ons die storie te vertel van dieseflde man wat die vyf bob uit die vis se maag gehaal het. Eenkeer het die man eers hierdie lang speech gegee vir ‘n paar honderd mense, oor hoe ‘n mens moet lewe en al die dinge wat jy nie mag doen en die wat jy moet doen. Hulle het in die berge gesit terwyl hy praat. Toe hy klaar is het hy gesien dat die mense honger is. 


Een van Kerneels se tjommies het toe vir die man gesê dat daar is niks kos nie behalwe ‘n paar stukkies brood en vissies. Toe lat dei ou die kind roep met die kos, en vra of hy die kos kan kry. Kerneels vertel verder hoe hulle toe met die bietjie kos tussen al die mense deur gestap het en almal ‘n stukkie vis en brood gegee het om te eet. Nadat almal klaar geeet het was daar meer kos oor as wat daar was voor hulle geeet het. Ou Annatjie het net gesê: “My Here ou Kerneelsie. Dis mos onmoontlik.”


Na die se storie was dit nie meer lank nie toe is die vis lekker gaar. Die koffie water was reg en die stukkies pizza warm gemaak op die rooster. Kerneels het vir ons elkeen ‘n groot stuk vis afgesny en vir Charlie ok. Die res goed toegemaak in nat koerant en binne ‘n plastiek sak, en net gesê dis vir aandete.


Ou Annatjie het gou Charlie se stuk vis en pizza vir hom gevat, terwyl ek en Kerneelsie sommer net dar die honger mage van ons begin voed het. Dit was koningskos en Kerneels het altyd anders, so vol van homself gelyk as hy sy vissie huis toe kan bring. Dan het hy sommer gebreg oor al die ander visse wat hy ook al in sy lewe gevang het. En ‘n mens kon sommer weet die stories is nie sommer visvang stories nie. Dis of die waarheid of dit kom uit die Bybel uit, en dan is dit ok mos die waarheid. 

------- 000 00 000 ------


Wel vandag is Februarie ok nou klaar en dan is dit Maart wat kom en dit is die beste weer hier langs die see. Vandag doen ons almal shopping. Of jy nou geld het of nie, vandag is daar oorvloed vir almal van alles hier in die dorp. Maandeinde op ‘n Vrydag en almal wat lewe kom van heinde en ver in dorp toe. Van die bosslapers, die boswerkers en die bosbouers van orals kom in, party sien mens net een of twee keer ‘n jaar. Die wat nie vandag kom nie, kom more weer en party wat vandag gaan kom gaan more weer kom want die wyn is dan al op. Ons drie drink nie, dis net ek wat so op sulke spesiale dae vir my ‘n bottle tassies koop. Dis nie sommer gemors wyn daai nie, dis ordentlike rooi wyn. Nie soos die bloutrein drinkers daar anderkant brug uitsuip nie nee.  Ou Kerneels terg my altyd dat ek vanaand gaan nagmaal hou as ek so laat middag uit die dorp uit terugkeer hier na ons ou plekkie. 


Teen die tyd is die son al baie hoog en ons besluit dat ons maar solank hier bo by die uitkyk punt gaan sit by Charlie en wag vir Annatjie om klaar aan te trek. Kan sommer sit en luister wat is nuus uit die township. Ou Charlie het ook al klaar geeet en is doenig met sy draadwerk. Hy verkoop altyd ‘n paar van sy ornamente as die toeriste met die busse hier stop. Niemand pla ooit vir Charlie nie, hy is ‘n liewe mens altyd vol smiles met sy bek met drie tande.

Ou Charlie vertel dat die mense uit die Baai al weer terug is hier. “Hulle het gisteraand weer hier aangekom. Daai is darem gawe mense jong. Die tannie het gister laatmiddag vir my ‘n toebroodjie met ‘n appel gebring en ‘n yskoue koeldrank. Maar die ou grootman word nou oud jong. Hy lyk maar baie deurmekaar nou.” 


 Ou Anna kom te voorskyn met haar ou rooi rokkie aan. Ou Kerneels kyk trots in haar rigting en gee so ‘n ou stout smile. Hy is darem baie lief vir die Annatjie.  Ons staan op en stap saam die bult af weer verby die pizza restaurant, draai die bult op en stap om die dolfyntjie in die middel van die pad die dorp binne. By die tyd is die midde dorp al goed aan die gang. Al die winkels is begin om een vir een oop te maak. Orals is daar mense met moppe en besems en lappe om die plek skitter skoon te kry vir die dag se besigheid. Vandag gaan dit kook hier in die dorp. Dit gaan baie besig wees, mens voel dit sommer so in die lug. Dis nie altyd dat die maandeinde op ‘n vrydag val nie so almal kry pay vandag, die weeklies, fortnights en die wat salaris trek . Hier gaan sommer tot laat nag party wees. 


Die taxis bestuurder  is ook al klaar besig om reg te maak vir ‘n goeie dag se besigheid. Orals ruik mens ok sommer die vars koffie in die dorp.  

Skielik ruk ouu Annatjie aan Kerneelsie se arm en sê: “Kom stap hierdie kant toe Kerneels. Hier kom daai lot bloutreiners.” Ou Annatjie het baie jare gelede voor my en Kerneels se tyd, saam met die groep geloop en toe het sy aan Dawie behoort. Nou ou Dawie is die voorbok moeilikheid maker hier in die omgewing. Hy is vol tattoos en as hy eers aa die drink raak dan bly jy uit sy pad uit. Hy sal sommer iemand stuur om jou te ko steek met ‘n mes. Hy het al ‘n paar jaar in die tronk gesit. Hy het blykbaar sy broer vermoor. Beste is maar om jou lyf skraal te hou as hy naby is. Dis ‘n malspul daai gang van hom.  


Kerneels is natuurlik nie in sy goeie boekies nie, hy het dan sy girlfriend van hom afgevry.  En ou Annatjie was nog altyd die girl in die dorp. Nou het sy nog boonop haar mooi rokkie ok aan. “kom, kom ons gaan loop eerder daar in Hoogstraat. Dis stiller daar en Dawie en sy mense loop nooit daar nie.” Bo in Hoogstraat loop hulle vir ou Flippie raak. Hy het al weer baie te vertel maar niemand kan hom verstaan nie. Hy kan ook die snaakste dinge aanvang party dae. Maar almal ken hom en weet hy is skadeloos behalwe dat hy alles vir die polieste vertel. 


Dis al amper elf uur en ons het al elkeen ‘n paar rand gemaak deur ‘n paar winkel eineaars te help vensters was of om een of ander ou klein werkie te verrig. Ek het nou net die ou tannie wat daar by die haarkapper werk se kar gewas, en sy het my Dertig rand betaal. Nou daai is al klaar genoeg vir my bottel Tassies vir die aand en ‘n pakkie entjies. Kerneels is nog besig om die groentesmous se bakkie te help af te laai en ek dink Annatjie is nog besig daar agter by die printing company om die parkeer yard skoon te vee.  Oral word mens ‘n stuk brood, of ‘n  ou ietsie of paar sente in die hand gestop. Die dorp is propvol. Al is al dei car guards in die dorp is daar nog altyd ‘n ou geldjie te maak met ‘n man wie se kar ‘n ou moet oppas of was. 

Teen twaalf uur vat ons eers ‘n break en kom almal weer bymekaar by agter die Spar. Ou Kerneels en Annatjie smile van oor tot oor en Kerneels stap met sy hand styf ins y broek se sak. Dit beteken hy het geld in sy sak en as met moet meet aan sy smile het hy sommer klomp geld gemaak. 


Nou ou Kerneels vrek oor ‘n roomys en hy offer om vir my en Annatjie ook elkeen een te koop daar by Steers. So ons stap weer af daar na  Main Road kyk eers rond of ons nie vir Dawie en sy trawante gewaar nie. Stap met die trappe op tot by Steers. In die ry staan die oom en tannie van die Baai ook. Ou Charlie is reg die ou toppie raak nou oud. Hy is nog so vriendlik, maar dit lyk nie of alles registreer nie.  Ou Kerneels groet bekaafd soos ‘n gentleman en die twee smile soos altyd baie vriendelik. Dis ook nie sommer so nie of die tannie koop vir ons elkeen ‘n roomys en sê ons moet dit geniet want sy is altyd in ‘n goeie mood as sy hier is. 


Ons groet en kyk die twee agterna soos hulle weer huis se kant toe stap. Annatjie merk op: “Oh Here Kerneels daai arme man raak darem nou gou oud. Kyk hoe stadig stap hy.” Ou Kerneels skud net sy kop en sê: “Daar is groot fout, maar daai is goeie mens daardie. ‘n Mens kry nie sommer baie van sy soort nie.”  Nadat hulle om die hoek verdwyn het, staan Kerneels weer regop nadat hy teen die muur geleen het:”Kom ons het werk om te doen. Die dag is nog lank ie verby nie.


Nada tons nog so ‘n paar ou karre gewas hier teen drie uur die middag besluit ons dat ons nou genoeg gewerk het, en ons nou die aand se supplies gaan koop. Ons stap toe na Shoprite en binne is dit heerlik koel. Aai en dis tog so lekker om ‘n ou mandjie te kan vat deur die winkel te stap met ‘n bree bors en te kyk na al die lekker dinge. Ou Kerneels koop ‘n blik koffie, ‘n sakkie suiker en ‘n pak poeiermelk. Annatjie kom aangestap met ‘n blikkie Shield deodorant en vra of sy dit maar in die mandjie kan sit. Ou Kerneels smile net en stap aan. Nog so ‘n paar dingetjies en ‘n pak wors met ‘n lekker paar vars hotdog rolls gaan die ding doen. Ek het klaar my bottel Tassies in die mandjie en ou Kerneels kry sommer ‘n groot blik aanmaak koeldrank. 


By die till staan ons in ‘n lang ry en wag lank voor ons heel voor kom.  Ons elkeen maak ‘n las behalwe ek betaal self vir die Tassies. 

So gesels gesels stap ons deur die dorp. Ons is mos vandag nes almal deel van die gelukkiges wat “gepay het”, en dit was ‘n heerlike dag, ‘n voorspoedige dag, Die geld gaan ons sommer ‘n hele paar dae soos konings laat eet. Ons elkeen dra ‘n ou sakkie, praat eers met ons vriende by die Caltex Garage, en stap toe om die draai verby die dolfyntjie oor die pad, verby die pizza plek na ons slaap plek. Soos ons die bult opstap kom daar ‘n man aangestap van bo af maar hy lyk heel bleek van die worries. Ons raak stil soos hy naderkom. Hy wys vir ons ‘n foto van die grootman uit die Baai en vra of ons hom nie gesien het nie. Ou Kerneels kyk die man aan en sê “Ja, ons het hom daar by Steers gesien vanmiddag so 12 uur se kant. Toe was hy daar saam met sy vrou. Is daar dan iets fout? ” Die man sê dat dit sy broer is, en vra of ons hom nie daarna alleen sien loop of iets nie.  “Hy het die middag net spoorloos verdwyn. Hy lei aan alzheimer’s en kan nie meer so lekker onthou nie. As julle hom sien moet julle hom asseblief probeer om hom by julle te hou. Vat hom na die polisie of roep die polisie. Maar moet nie dat hy onder julle oe uit nie.”


Die man het dieselfde sagte kyk in sy oë as sy broer en Kerneels verseker hom ons sal uitkyk vir die ou oom. Die man is haastig daar weg. Bo by die uitkykpunt is ou Charlie besig om sy draadwerk op te pak. Hy steek meeste van sy goed tussen die bosse weg. Charlie is tjoepstil. “Charlie het die man vir jou ook kom vra oor die man se broer wat weg is”, vra Kerneels. Ja die oom was hier. Hy het my ook gevra. “Het jy hom gesien?“, vra Kerneelsie, want Charlie lyk erg bedruk. Charlie antwoord nie en draai net om, om nog van sy draadwerk agter die bos te gaan wegsteek. “Aag Here Kerneelsie, die arme man, maar wat is fout met Charlie.” Vra Annatjie baie bekommerd. “Ek weet nie, maar ek gaan met hom alleen moet praat. Stap jy en Kerneels solank af slaapplek toe.  Steek jy solank vir ons vuur aan Pietertjie. Maak daai orige kabbeljou warm vir ‘n oudurfie of hoe?  Ek kom nou-nou.  Ek like nie juis wat hier aangaan nie.”


Ek en ou Annatjie stap toe maar af daar na ons plekkie. Ek pak die hout in die vuurmaak plek, steek dit aan die brand en gaan stap ‘n ent verder om nnog hout te kry vir die lang nag. Die ding van die grootman van die Baai het my nou baie aan die dink. Vanmiddag toe die tannie vir ons roomys gekoop het, het ek gesien daar is groot fout. Daai oom het nie so lekker gelyk nie.  So asof ek ‘n groot vrees of ‘n hartseer in sy oë bespeur het.   Ek wonder wat met Charlie aangaan. Kerneelsie sal seker alles uit hom kan trek. Ou Charlie is die vriendlikste man op die dorp, maar as hy bedruk raak dan praat hy nie sommer nie. Dan is sy smiles ook skaars. Maar Kerneels het mos die rustigheid rondom hom, en sal gou by Charlie uitvind wat makeer. 


Ek is nou al heelwat verder af die berg, hier is baie hout. Die bos hier is so dig dat ons vir ‘n leeftyd sal hout hê. Daar bo hoor ek vir Annatjie gesels met haar self. Sy is ook besig om te dink oor die ou oom. Ek wonder hoe ver Kerneels is al met  die onderandelinge met Charlie. Ek kom by ons plekkie aan. Annatjie het alles mooi skoon gevee om die vuur. Ons sitplekke, ‘n paar stompe is mooi afgestof en die los plank lê op die ander twee stompe. Annatjie sou ‘n wonderlike huisvrou gewees het.  Aag wat praat ek die is mos ons ou huisie. Da is miskien nie ‘n dak nie, maar dis ons plekkie in die son. Annatjie is ‘n goeie huisvrou.  Sy het die tafel mooi afgestof en ‘n mooi skoon koerant oorgegooi. Ons koffie bekers staan reg en die borde mooi skoon gewas van vanoggend se  visvretery. Toe “Ag my Here tog Pietertjie, wat gaan aan?” Kerm Annatjie toe sy my sien. Annatjie kan tog so die wêreld se worries op haar dra. “Is Kerneels nog besig ?” vra ek. 


Dis toe dat ons die gras en bosse hoor ritsel net so entjie van ons af weg.  Eers dag ek dis Kerneels maar dit het uit ‘n ander rigting gekom. Ou Kerneels kom toe ek net van bo af. Diep ingedagte en nou lyk hy net so bedroef. “Ag my Here Kerneelsie waar was jy solank? Wat  gaan aan man? Annatjie  kan nie meer wag nie. Sy gaan sit sommer op die stomp langs die tafel en skink vir hulle elkeen ‘n beker vol aanmaak koeldrank, en myne gooi sy vol Tassies. Dit gaan nou sommer goed afgaan en die ongemaklikheid en worries uitsort. Sommer klaar spyt ek het nie nog ‘n bottel gekoop nie. Kerneels gaan sit en Annatjie stop die beker in sy hand. 


Kerneels is diep stil en ons sit in afwagting. Hy neem ‘n sluk, maak keel skoon en begin; “Die oom van die Baai, het hier bo by Charlie aangekom. Charlie sê die oom was baie omgekrap en deurmekaar en het net aangehou dat die mense hom wil doodmaak. Hy het vir Charlie gevra of hy hom nie sal help wegkruip nie.”  “Aag my Here Kerneels. Dit kan nie wees nie.” Tjip Annatjie in. “Die oom van die Baai het gesê, die mense wil hom doodmaak.” “Ag Here Kerneelsie die antie sal mos nie dit doen nie.” Annatjie klink baie bekommerd. “Still my Annatjie. Charlie het hom toe gewys om hier onder agter daai bos daar te kom sit.” Beduie met sy hand in die rigting van die  groot dig bos so 30 meter van ons af waar ons net-nou daai geritssel gehoor het. “Charlie het vir die oom gesê hy moet net wag vir ons. Hy is seker ons sal hom mooi kan oppas.” “Ag shame my Here Kerneelsie. Nouwat nou? Laat ons die ou oompie gaan haal.  Wag nou Annatjie die is ‘n groot ding. Ons moet mooi dink. Ek soek nie moeilikheid met ander mense se huismolleste nie. Nog minder met die polieste. Maar die ding pla my, en ons is nou klaar betrokke. En ja die arme ou oompie. Charlie het gesê hy trust die oom. Die tannie was ook daar by Charlie om te hoor of hy nie die oom gesien het nie. Sy het gesê die oom kan nie meer vir homself dink nie, maar Charlie sê die oom het geklink of hy heel okay kan dink. Die oom se naam is Boetie en dit klink vir hom na ‘n naam van iemand wat niemand skade sal aandoen nie. Hy gaan by sy storie bly en as iemand hom vra of hy die oom gesien het, gaan hy hom dom hou. Hy weet niks nie en het niemand gesien nie.”  So het ou Kerneelsie aangegaan en ons almal nog verder stomgeslaan met sy argumente en net afgelsuit: “Ons bosslapers is mos maar almal net mense wat nes die oom weg geloop het van ander wat ons seergemaak het of een of ander lang storie wat ons nie meer kan handle nie.  Party van ons kruip ook weg vir mense wat ons wil iets aandoen. Ons is maar almal mense wat gesoek word. Kom ons gaan haal die oom dat hy hier by ons sit. Dan kna ons mos vir ons self besluit en dan kyk ons wat ons doen.” Kerneels spring sommer dadelik op en Annatjie laat nie op haar wag nie. “Ag Here Kerneelsie wag net vir my ok.”


Ons drie stap stil stil na die bos waar die oom wegkruip. Toe ons naby is, begin Kerneelsie met die oom te praat, sosdat hy darem nie moet skrik en weghardloop nie. Hy roep saggies “Oom Boetie, is oom hier?” Daar is stilte in die bos en Kerneelsie gaan weer aan “Oom Boetie moenie worry nie, ons is aan oom se kant. Ons gaan oom help. Is oom dalk honger of dors? “ agter bos is daar beweging, ons staan stil en wag. Dit klink of die oom beweeg. Die geritsel raak erger en nie lank nie of die oom kom om die bos gestap. Hy gaan staan daar stil so skuins agter die bos. Asof hy eers wil seker maak ons kom nie oom hom seer te maak nie. Hy lyk sommer baie bag en daar is ‘n eina in sy oë. So ‘n bevraagtekening op sy gesig. Maar dis ‘n gesig wat sommer vertel van ‘n goeie hart, ‘n goeie gesindheid. Nou onse selwers se gesigte is ok nie van die lelikste op aarde nie en ons is darem van die vriendelike lot in die dorp. Die oom het dit seker gesien en daar verskyn so ‘n verleë glimlaggie op sy gesig. Hy maak sy mond oop, maar hy sluk eers voordat hy in ‘n sagte stemmetjie begin “Middag, middag. Die man daar bo het gesê julle sal my dalk kan help. Het hy vir julle vertel, dat daar mense is wat my wil doodmaak. Kyk hulle het vir my kom soek. Ek het hulle niks gemaak nie. Daai vrou sê vir almal sy is my vrou, maar sluit my toe die heel tyd. Dis net ‘n gelukkie ek kon vandag wegkom.” Annatjie laat ookie op haar wag nie “Ag Here my oom Boetie. Kom. Kom ons gaan nou-nou eet en daar is lekker koeldrank ook. Kom ons gaan wys jou waar ons blyplek is. Ons sal seker maak niemand vat oom weg van ons af nie.” Ou Kerneels is eers vieserig. Seker omdat ou Annatjie hom nou voorgespring het met die pratery saam. Maar hy smile darem toe oom Boetie nader stap en Anna begin aanstap na ons slaap plek. Die oom het  swaar gestap so tussen die bosse deur.


Annatjie bly nie ‘n oomblik stil terwyl ons terugstap nie.  Sy klink asof sy ‘n nuwe kind bygekry het, en kyk ou Annatjie like van moedertjie speel. Dis iets om te aanskou as ek of Kerneelsie so ‘n bietjie siekerig voel. Sy sal dorp toe gaan sonder ‘n sent by haar, dan sal sy terugkom met al die regte medisyne. Miskien was Annatjie ‘n verpleegster. Of miskien is sy maar net baie moederlik. Oom Boetie sukkel om te praat maar hy hou aan dat hy nie nou geld by hom het nie. Maar dat hy vir ons sal betaal vir alles wat ons vir hom doen. Hy is sommer baie rustiger toe ons by die slaapplek aankom. Hy het so rondgekyk en gevra of dit is waar ons bly. “Ja oom Boetie,” Kerneelsie maak seker hy kry die keer die eerste woord in.  “die is onse ou plekkie die. Ons het min maar ons is gelukkig en doen niemand skade aan nie.” Oom Boetie glimlag en sê “Dit is nou ‘n grand plek die van julle. Ek het nie nou geld by my nie, maar ek sal betaal as alles weer reg is.” Kerneels druk sy bors uit en met trots in sy stem sê “Nee kyk oom bly hier solank oom moet maar oom Boetie moet vir niks betaal nie. Nou is ons almal vriende en ons gaan mooi agter oom kyk.” Oom Boetie is nou sommer heeltemal op sy gemak en vat ‘n sluk van sy koeldrank. 


Teen die tyd was daar bo in die dorp ‘n hele paar mense wat agter die oom aan besig soek het. Dit het begin donker word en die vis het sommer vorentoe gesmaak. Voor ons begin eet, het oom Boetie gevra of hy kan bid: “Seen Heer die voedsel wat U vir ons voorsit, maak ons opreg dankbaar daarvoor. Amen”.  Ons drie het stil geraak en ek het gewonder of Kerneels en Annatjie nes ek gedink het hoekom ons al die jare vergeet het om te bid voor ons begin eet het. Die wors was op die kole en ek het al my tweede beker Tassies agter die blad. Annatjie het die oom nog koeldrank aangebied maar die oom het gesê nee dankie. Ek dag toe miskien moet ek hom so bietjie wyn aanbied. Maar daarvoor het hy ook nee dankie gesê. Oom Boetie was ‘n goeie mens en soos dit donkerder word het ons lekker gesels. Ek sit en wonder wat so ‘n mens nou kon verkeerd doen dat almal na hom soek, en hoekom sy familie hom wil doodmaak. Ons was maar versigtig om te hard te raas, net in case iemand ons hoor.  So teen tien uur het ons ‘n kar hoor stilhou bo by die uitkyk punt. Kerneels het opgestap om te kyk of alles okay is en seker die mense kom nie af onder toe nie. Dit was die polieste en hulle het hom gevra of hy nie dalk die oom gesien het nie. Nou het hulle ‘n groot kleur foto van hom gehad. Kerneels het bevestig dat hy die oom se gesig goed ken, en dat sy vrou nog vir ons ‘n roomys gekoop het vanmiddag. Kerneels was verlig toe die polisieste daar wegry. 


Toe hy hom weer by ons aansluit het hy net gesê: “Sjoe dit was die poelieste. Hulle het darem  vir my geglo en weer gery.” Die wors was gaar en Annatjie het vir ons ingeskep. Saam met die vars hotdog rolls was ons regtig geseend. Weer het oom Boetie vir ons gebid en ek het gewonder hoeveel keer moet mens dan bid op ‘n dag. Na ete was die Tassies ook op en ons het begin regmaak vir die aand se slapery. Daar was so effe van ‘n motreen in die lug so ons het maar die beddegoed onder die rots se oorhang goed reg gepak. Annatjie het soos ‘n moeder oom Boetie se bed gemaak. So sonder om te vra, het sy haar en Kerneels se kombers vir oom Boetie uitgerol op die cardboard box, met nog ‘n ander box bo-oor. Vir mense wat nog nooit buite geslaap het nie; die cardboard kan nogal ‘n verskil maak aan die koue. 


Toe ons almal daar in die opelug lê, met oom Boetie wat die beste plekkie gekry het in case dit begin reen, het dit stil geraak.  Maar dis mos hoe dit moet wees met gaste, net die beste plek. Oom Boetie het so ruk stil gelê toe begin hy ons vertel van die dae wat hy so in die veld gekamp het. Duidelik was hy ‘n natuur mens, hy het vertel toe hy ‘n bosbouer was. Annatjie het gegegil en saggies gefluister “3 bosslapers en ‘n bosbouer .”  Kon hoor hoe ou Kerneelsie haar in die ribbes stamp om stil te bly.  Oom Boetie het vertel van Saasveld, van die bosbou stasies, die spookhuis. Hoe hulle in die middel van die bosse gelos is en hulle eie paadjie moes terugvind. Hoe hulle dan ‘n rivier gesoek het en dan al langs die rivier afgestap het omdat hulle geweet het dit sal een of ander tyd met ‘n pad kruis. Hy het ook vertel hoe hulle gesukkel het met die boswerkers.  Ja, nee het ek gedink, ek ken daai lot. Hulle kan nogal ‘n handvol wees. Het geen genade met onbekendes in die bosse nie. 


Ons ken die bosse en die boswerkers hier aan die tuinroete al te goed, hulle is ‘n geharde nasie op hulle eie. Dit het begin stil word, en dit was nie lank nie of ek kon hoor hoe ou Kerneelsie begin snorre. Ou Anna het ook nie lank op haar laat wag nie. Oom Boetie slaap nou ook al. Ek het nog lank daar gelê en dink aan die gebeure van die dag. Die goeie dag wat ons in die dorp gehad het en toe die weird ding met oom Boetie. Ek het gewonder oor sy twee gebedjies en voor ek aan die slaap raak, het ek ook toe op my hart om die Here te dank vir ‘n lekker dag, lekker kos, goeie vriende en dat dat die Here tog goed sal wees vir oom Boetie. So het ek met die bottel Tassies in my lyf en hemelse gedagtes rustig aan die slaap geraak. 


Dit was seker so 2 uur die oggend toe daar skielik ‘n harde geroep vanaf die uitkykpunt se kant af kom. Dit was ‘n desperate roep “Pa. Pa is jy hier?” Dis al weer iemand wat vir oom Boetie soek. Dit klink soos sy seun. Ou Kerneelsie het ook wakker geskrik en ek het vir hom gefluister: “Wat nou?” “Sjoes” het hy terug gefluister. “Wag ek gaan gou opgaan voordat hulle dalk afkom” Kerneels is daar weg. Die geroep het nog so ruk aangehou en toe kon ek die sagte gepraat daar bo hoor. In stilte het ek weer gewonder oor oom Boetie. Hy slaap te heerlik. Hy het vir my sommer stukke beter gelyk as die middag toe ons hom gesien het by Steers. Vandat ons hom agter by die bosse gaan uithaal het, het sy gesig en oë opgehelder. Soos die aand verloop het hy al meer en meer selfversekerd en duideliker gepraat. Ek dink hy like nogal van ons. So rukkie later het Kerneelsie weer terug gestruikel gekom. Hier en daar het hy oor ‘n klip gestruikel en gegly want die motreëntjie het nou lekker uitesak. 


Intussen het Annatjie ook wakker geword en vra  “My Here Kerneelsie tog, waar loop jy so rond in die donker reën?” Kerneels het kom sit en verduidelik dat dit oom Boetie se seun was. Hy het vir hom ‘n foto gewys en ek het verduidelik dat die polisie al klaar hier was en dat hulle met die oom se broer ook gepraat het. “Jong ek vertrou nie die mense nie. Die oom is onskuldig en as hy nie by die huis wil wees nie dan pas ons hom mooi op.”  Kerneels het weer agter Annetjie se rug ingeklim en kort voor lank was ons almal aan die slaap. 


Dit was seker omdat ons so laatnag wakker was, maar toe ek wakker skrik sit oom Boetie penorent by die vuur, die reën het nogsteeds liggies geval. Die blik water was al amper by kookpunt . “More more.” Groet hy met ‘n smile. “Het jy lekker gesplaap.” Kerneels wat ‘n ligte slaper is ontwaak ook en groet, lekker deur die blare. “Oh ja ek het soos ‘n klip geslaap.” “Dis seker die Tassies wat my so uitgeboul het.”  Haha lag oom Boetie. Dis die eerste keer dat hy lag. Annatjie staan op groet almal en gaan maak ons “cooler bag” oop met die oorskiet kos van gisteraand. Sy kyk tevrede na oom Boetie, want vanoggend lyk hy nog beter as gister. “Dis mos die lewe die.” Merk oom Boetie op met ‘n gelukkige uitdrukking op sy gesig. “Vars lug, in die natuur, goeie geselskap, vry soos ‘n voëltjie en ‘n lekker vuur.” 


Annatjie het gou weer haar koerant tafeldoek oor die tafel gegooi, die koffie bekers uitgepak en die koffie ingegooi. Die water was net mooi reg. Met nog ‘n hotdog roll en wors vir elkeen op ‘n bordjie in die hand, vra Kerneels vir oom Boetie of hy weer sal bid vir ons.


Skaars klaar gebid en die eerste hap van die rolletjie gevat, skrik ons ons boeglam vir ‘n hengse geraas wat skielik om die berg kom. Die NSRI helikopter, vlieg laag verby ons, en dit is ou Kerneelsie wat vinnig dink om vir oom Boetie onder die rots oorhang in te help. Die helikopter vlieg verby en ou Kerneels sug sommer ‘n groot sug van verligting. Oom Boetie is skielik weer bekommerd en lyk sommer verboureerd. “ Ag Here oompie. Moenie worry nie. Hier tussen ons gaan niemand vir oom kry nie.” Oom Boetie smile weer en gaan sit en eet verder. Die koffie is heerlik so in die nat weer. Kerneels sê : “Ons sal versigtig moet wees met die helikopter vandag. Ek dink hulle soek vandag vir oom.” Oom Boetie kyk met waardering na Kerneelsie. “Dankie vir julle hulp en gasvryheid. As alles weer regkom dan sal ek julle betaal.” 


Dis nou seker al 10 uur die oggend en die helikopter is al ‘n paar keer verby. Vir lank het hulle oor die see gevlieg. Heen en weer. Terwyl Kerneelsie en Annatjie by oom Boetie sit stap ek na die dorp om nog ‘n bottel Tassies te koop. Oral die dorpvol is daar nou posters van oom Boetie. Daar is ‘n soekgeselskap wat die paadjie af see toe patroleer.  By die Spar kry ek ‘n nog ‘n pak wors, ‘n bottel Tassies, ‘n pakkie entjies, ‘n lekker vars brood, ‘n tandeborsel en tandepasta, ‘n koek seep, ‘n boksie surf en ‘n pak van daai groot swart sakke. Die swart sakke is altyd handig as dit reën ‘n mens kan baie lekker droog en warm slaap daarin en al die goed wat droog moet bly daarin toemaak. Man dit was darem ‘n goeie dag gister en dit is darem lekker om die nodige dingetjies sommer net so van die rak af te kan haal en te kan betaal. Maar die geldjies gaan ook nie vir ewig hou nie. Klaar by die Spar toe stap ek daar na die Salvation army se klerewinkel en kry ‘n broek, hemp en ‘n baadjie. Die sizes het ek sommer so geskat met die oog. Die 3 stukke klere kos my minder as R25.00. Daar lê ‘n paar tweedehandse komberse. Ek bekyk die goed en die vrou wat daar werk merk toe op dat ek wonder of ek een moet koop. Sy kom nader en gee my een van daardie lekker dik warm wollerige komberse. Ek stap ingenome met myself terug na onse nagskuiling. Dit reen nog liggies, maar ook net genoeg om nie heeltemal te nat te word nie. So terwyl ek stap wonder ek of dit die Here is wat nou so in my hart begin werk het na my gebedjie gisteraand. Ek voel so ‘n vrolikheid in my hart, dis al asof my lewe met ‘n nuwe doel en hoop gevul is. Kan een ou gebedjie in die aand so groot verskil maak? My gedagtes dwaal en dink aan al die ou stories van die Bybel wat Kerneelsie altyd vertel. Aai man hoekom laat oom Boetie mens so goed voel. Is dit waaroor die lewe gaan, om mense wat hulp nodig het te help?


By die Pizza restaurant stop ‘n jong man my en wys my ‘n foto van oom Boetie. “Het jy nie dalk my pa gesien nie?” vra hy sonder om te groet. Ek groet toe maar en skud net my kop en sê “Jammer nee meneer.” Die mannetjie draai ongeskik om sonder om ‘n woord verder te sê. Die ongeskikte kind, het hy nie sy pa se ordentlikheid geërf nie,  dag ek by myself toe ek verder aanstap. Bo by die uitkyk punt gekom gaan sit ek eers ‘n rukkie by Charlie. “Hoe gaan dit met die ou toppie vanoggend?” vra hy nuuskierig. “Nee kwaai man. Hy lyk sommer stukke beter vandag. Maar asseblief Charlie, jy vertel vir niemand nie hoor. Ek bliksem vir jou as ek moet uitvind jy het oom Boetie gaan oorgee.” Charlie kyk my so aan “Hoe lank ken jy my nou al ou Pietertjie? Lyk ek vir jou soos ‘n pimp?” Ek sit ek kyk vir hom ‘n ruk en sê “Nee ek weet maar jy moet nie eens met iemand by die huis hieroor praat nie. Die oom is okay en sal nie ‘n vlieg skade aandoen nie.” Ek sit nog so ruk daar en vra “Nou hoe lyk jou besigheid deesdae hier?” Charlie smile net “Nee jong ek verkoop gereeld nog ‘n stukkie draadwerk of twee elke dag. Party dae gaan dit nie so goed nie, maar meestal kan ek darem ‘n ou stukkie kos en iets te drinke huis toe vat. Nou die ander dag was hier ‘n klomp Amerikaners met ‘n toerbus en hulle het al my goed opgekoop. Elke liewe dingetjie wat ek klaar gehad het. Selfs daai groot dolfyn wat ek al maande terug gemaak het. Ek is daai dag huis toe met R450. Kyk my vrou was darem bly toe ek daai aand by die huis kom.” Ou Charlie smile soos oudergewoonte dat jy al drie sy tanne sien en die plekke ok waar die ander tanne was. 


Ek groet vir Charlie en stap die stylte af na onse blyplekkie. Soos ek aangestap kom, het Kerneelsie seker geworry dat dit dalk iemand anders is en kom skielik te voorskyn nog voor ek by die plek aankom. “Genugtig jy het ons laat skrik man” sê hy verlig. “ Dis okay, dis net Pietertjie” laat hy vir Annatjie en oom Boetie weet. “Ag Here Pietertjie jy was darem lank weg. Ek het my siek begin worry. Wat het jy gemaak?” vra ou Annatjie nuuskierig en loer na die sakke wat ek by my het. “Ek het so bietjie shopping gedoen.” Anna lag klip hard, “ja dit kan ek sien. Wat is in al daai sakke?” Oom Boetie smile saam. Hy geniet ons drie baie. Elke keer as ek hom sien is hy nog meer ontspanne. Hy is ‘n ander mens vandat ek hom gister by die roomys plek gesien het. Hy lyk sommer weer spring lewend en gesond, net soos ek hom die eerste keer gesien het so twee jaar gelede.  “Aai die Here is goed gewees vir ons om oom Boetie na ons toe te gestuur het.”  Oom Boetie lag met ‘n gelukkigheid in sy hart . “Nee jong Hy was goed gewees vir my, om julle oor my pad te laat kom. Maar weet jy Pietertjie, Hy is goed vir ons almal en altyd. Ons moet net probeer om gehoorsaam te bly aan Hom.” 


Ek gaan sit en begin die sakkies oop te maak. Selfs Kerneelsie sit sommer nader. Pure asof kersvader kom kuier het. Eers pak ek die Spar sak uit. Ek gee die groot pak wors en brood vir Annatjie om in die cooler box te pak. “Haai Here Pietertjie. Die is genoeg wors vir ons vir die week.” Vir Kerneelsie gee ek die pakkie entjies. Ek laat hom altyd die entjies hou, by my is dit sommer gou-gou op. Y haal sommer dadelik twee uit en steek vir my en hom elkeen een aan. “Ag nee rook julle manne tog nie. Daai goed is gevaarlik vir mens. Ek het in my lewe nog nie ‘n sigaret oor my lippe gehad nie.” Preek oom Boetie vir ons. Anna laat ook nie op haar wag nie “Ek sê hulle mos altyd oom. Maar die twee wil nie luister nie. Oom moet hoor hoe hoes hulle party oggende.” Ek en Kerneels loer maar net so skaam onderlangs vir mekaar. Ons wil darem nie vir oom Boetie teleurstel nie. Maar nogtans pas Kerneelsie vir my die sigaret aan. “Ons sal anderdag ophou oom Boetie. Anderdag as daar nie geld is nie.” Ek gee die tandeborsel en tandepasta vir oom Boetie aan. Hy raak sommer bewoe en weereens sê hy. “As alles weer normaal is, sal ek julle elke sent terugbetaal en nog baie ekstra ook.” Ou Annatjie tjip sommer dadelik in “Nee wat oom. Oom hoef ons nooit terug te betaal nie. Ons doen dit met liefde, uit die diepte van ons hart.” Kerneels beaam ook “Ja oom, uit die diepste van ons hart. Oom Boetie het sommer vir ons nuwe lewe kom bring en hoop ook daar by.” Ons almal raak stil want ek dink nie een van ons het anders gevoel as Kerneelsie nie. Selfs oom Boetie dink ook na oor die se woorde. Annatjie vee ‘n paar trane af. “Nou wat is nou daar nog in die ander sakke?”  vra sy ewe om die aandag van haar trane af te kry. Sy staan seldertyd op en steek die vuur weer aan. Oom Boetie staan ook op en sê “dis mos nie die werk van ‘n vrou nie. Die vuurmakery nie.” Annatjie gee die vuurhoujies vir oom Boetie sonder om te wonder daaroor, en hy gaan voort om die vuur brand te maak. Anna gaan hala watter in die blik en maak dit staan daar op die drie klippe. Nie lank nie of mens hoor sommer die water begin warmder raak. OP onse tafel is Anan weer doenig met die bekers. Wonder altyd waneer Anna die bekers was, want as mens jou weer kry is alles mooi skoon blink gewas. Ek haal die pak swart sakke, koek seep en pak Surf uit die Spar sak en gaan sit dit in die boks wat Annatjie haar grocery kas noem. Ek gee die groot sak van die Salvation army net so vir oom Boetie. “Hierso die is vir oom”. Hy het die sak oop gemaak en was sommer baie in sy noppies met die stel klere. Hy was net in ‘n kortbroek en hemp toe ons hom kom kry. En die langbroek nuwereige hemp en baadjie trek hy somme dadelik aan.  Kon sien in sy gesig hy wil ietsie sê maar die trane was te naby. Ek het ok sommer ‘n knop in my keel en staan op en gaan staan agter die bos om water af te slaan. Van agter die bos hoor ek hoe oom Boetie weerens vertel hoe hy sal betaal vir alles wat ons vir hom beteken, as dinge weer normaal sal wees. Ek kan my nie help nie en vee ook so paar trane af. Ag deksels dink ek by myself, hoekom maak die Here mens se hart so sag. Toe hy die kombers uithaal, is ou Annatjie sommer eerste om te sê: “Aag my Here ou Pietertjie, jy dink ook aan alles.” Oom Boetie het niks gesê nie, maar ek het geweet hy is baie dankbaar.


Ou Kerneelsie is uiters stil vandag, dis nie soos ek hom ken nie. Hy is seker net besig om die situasie is sy kop uit te sort. Dis eintlik lekker vir ‘n slag om nie na al sy ou stories te hoef te luister nie. Ek dink oom Boetie het gekom asof hy gestuur is, want dit voel kompleet asof hy al jare saam met ons loop. Kerneels het ‘n verantwoordelikheid’s sin soos min en nou dat oom Boetie by is, is dit so als of hy nog meer beheer geneem het oor die situasie.


Dit is nou al laat middag. Die helikopter het weer ‘n paar keer daar verby gevlieg. Oom Boetie het seker bietjie verveeld geraak en opgestaan en die skuilplek onder die rots so van nader gaan bekyk. “Dink julle nie ons kan die ‘huisie’ bietjie meer beskut maak nie?” Ou Annatjie en Kerneelsie kon nie vinnig genoeg opspring nie. Ou Kerneels kan so saaklik raak as dit by beplannings kom. Sy hele stem en houding verander sommer. Dan klink hy nes ‘n belangrike sakeman. En Annatjie natuurlik, dis mos haar huisie. Sy is die vrou van die huis en as daar verbeterings aangebring kan word is sy reg vir werk. Ek moet bieg ek self is net so nuuskierig. Oom Boetie begin verduidelik: “Kyk as ons ‘n paar van daardie takke gaan afbreek en dit so hier vaspak teen die oorhangende rots, kan ons dit baie dig teen mekaar maak en ons kan selfs so paar van daardie swart sakke vat om dit waterdig te maak.” Terwyl oom Boetie aangaan en verduidelik is ons almal sommer dadelik aan die gang. Kerneels en ek begin van die lang reguit takke af te breek en nader te sleep. Oom Boetie en Annatjie begin die takke mooi netjies te pak en sommer vinnig het ons die skuiling baie groter gemaak. 

Dit het al begin donker raak, toe is ons nogsteed besig om die finale touches aan te bring. Ons was poegaai en Annatjie het aangebied dat sy en oom Boetie solank gaan sorg vir die vuur. “Kry vir ons sommer ‘n groot stuk wors Annatjie” vra ou Kerneels. By die tyd was ons skuiling sommer stukke meer huislik. “Aai maar daai was nou ‘n kwaai gedagte van oom Boetie.” Sê ek vir Kerneelsie.  “Annatjie is ook duidelik in haar skik met die nuwe nessie van haar. En so vir die oog is dit ook sommer warm en vrolik. “ Voeg Kerneelsie by. “Dit lyk minder desperaat.”


Ons sit langs die vuurtjie almal drink aan ‘n koffie terwyl ek met my eerste beker tassies sit. Dit was ‘n bedreiwige dag. Die eerste dag wat oom Boetie by ons was. En het hy nie sommer met ‘n bang in ons lewe ingekom nie. Hy het ons van alle kante oorweldig met sy sagte geaardheid, sy wysheid, sy mooi smile. Hy was inderdaad ‘n groot man. ‘n Tevrede mens, ‘n merkwaardig, waardige man. ‘n Ordentlike eerbare sielsgenoot. ‘n Godvresende god’s man. ‘n Natuurman. Terwyl ons so sit en staar na die vuur en dan na ons middag se aanbouing, begin oom Boetie so stadig maar seker weer met ‘n storie te begin. Ek praat van stadig maar seker, omdat hy eers die vloer getoets het met ‘n paar ou sê goedjies. Kos is gereed en oom Boetie bid weer. Na gebed dink so by my eie. Die ding is Kerneelsie is tjoep-stil. Tjoep-tjoep-stil. Ek kan nie dink aan ‘n ander dag dat Kerneelsie so stil was soos die dae nie. Kerneelsie is ook vroliker maar hy bepeins diep dinge. Maar dis eers na ete dat oom Boetie wegtrek en allerhande dinge uit sy verlede vertel.


------- 000 00 000 ------


Oom Boetie begin vertel van sy werk. “Ek het altyd my werk geniet – om vir die gemeenskappe rekreasie en sport fasilitete te skep. Dit, en tesame met die goeie kollegas, het ‘n rol gespeel en my gemotiveer om nie vroëer af te tree nie. Die finansiële aspek was egter ook ‘n oorweging want die laaste ding wat ek sou wil sien is dat ons finansieël swaar sou kry.”


Toe vertel hy vir ons van sy pa. Wat ‘n wonderlike mens hy was.

“Ek onthou hom as ‘n nederige mens sonder enige pretensies - arm maar eerlik. Nooit kon of het hy ooit enigeen te nagekom met woorde of dade nie. Swaar het hy gekry. Hard het gewerk as bulldozer operateur vir die Nasionale Paaie Departement. Saans was hy asvaal van die stof met net wit om die oë waar die stofbril was. Arm was hy sy hele lewe lank -  maar altyd eerlik.


Sy grootste doelwit - soos hy baie keer gesê het - was dat hy ons nie veel kan gee nie, behalwe dat hy sal toe sien dat ons almal Standard 10 sou slaag sodat ons nie so moes swoeg soos hy nie.(In daardie tyd was Std 10 ‘n baie groot prestasie. Baie kinders het in die vyftiger jare Std 8 die skool verlaat en armoede was die hoof rede.) Hoe Pa-hulle dit reggekry het met die karige salaris weet ek vandag nognie. 


Ma Rita was egter baie spaarsamig met die geld en het haarself min gegun. Ek haal my hoed af vir die baie wat sy reggekry het met die min wat sy gehad het. Daar was altyd baie en lekker kos op die tafel, ons klere altyd skoon en netjies – maar geen vreeslike luukshede nie. 


In diè verband - ek en ‘n skoolmaat van my, en kollega by die PE Munisipaliteit, Otto Bellingham, gesels nou eendag oor ons skool dae en armoede kom ter sprake. Ek het altyd gedink dat hulle, sy Pa, baie ryk was want hy was die enigste ouer wat ons rugby wedstryde bygewoon het. Ek kom toe agter dat hulle netso arm was as ons en dat met ‘n paar uitsonderings, almal in die Cilliè Hoêrskool daardie tyd werklik baie arm was.   

 

Pa het baie hard gewerk – eers vir sy Pa, Oupa Manie, geboer op die plaas te Brackenfell. Oupa Manie was maar ‘n moeilike mens en gou het my Pa die boerdery gelos en by die Nasionale Paaie Afdeing gaan werk. Oupa het inderwaarheid my Pa weg gejaag.So het dit gebeur dat ons dan ook baie rond getrek het – regte kraaie van die nasionale paaie soos hulle sê - van Kraaifontein na Riversdal, na Swellendam, na Port Elizabeth. Alhoewel dit ‘n ontwrigting was met die skole, het ek en broer Manie dit oorleef en was die  ervaring goed vir ons.”


Ons is almal botstil geluister, onse monde hang oop. Dis net Annatjie “Ag Here oom Boetie”. Ek dink bymyself, die man kan amper nie waar wees nie. Maar ons weet hy is. Ons ervaar hom as a ware man. Ons raak stil oom Boetie duidelik net so moeg soos ons almal. Kerneels gaap  ‘n lnag gaap nou kom julle ek gaan inkuip. Ek sit nog daar met so lekseltjie van my tweede bekertjie in my beker almal staan op en sleep hul lywe bed se kant toe. Ek gooi die bietjie in my keel af, staan op en sien oom Boetie kom verby gestap met sy tandeborsel en pasta. Ek smile en gaan haal myne ook. 


Ons is almal nou in die bed. “Kerneels maak keel skoon en grawe hier diep tussen sy goed en kom te voorskyn met sy bybeltjie en flits. “Oom Boetie, sal oom vir ons so ietsie uit die woord voorlees.” Ek was eintlik nie verbaas nie, maar ek verstom my nogsteeds aan die verandering in Kerneelsie. Hy praat nie baie nie, en as hy praat dan praat hy nie meer nonsies nie. Nee iets in daai koppie van hom het ingesnap of uitgesnap. Kerneelsie maak planne.


Oom Boetie lees vir ons :


“Psalm 23   ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. 

 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 

 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 

 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 


 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 

 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.”


Hy maak die bybel weer toe en sluit sy oë. “Hemelse Vader, dankie vir hierdie dag, dankie dat U vir ons bymekaar gevoeg het. Beskerm ons in hierdie nag. Beskerm ook ons families, kinders en klein kinders. In u naams ontwil. Amen” Ons almal vul die amen aan soos ‘n koor. Daai gebedjie ruk ons terug in ons se verlede in. Aai oom Boetie moes oom daai familie nou opgeline het.  Annatjie fluister saggies hartseer “ag Here tog ek het nie familie nie. Ek’s ‘n weg gooi kjind.” Onder die kardbord boks en kombers hoor ek hoe Ou Kerneels Annatjie styf teen hom vasdruk. En hy sê “Laat staan daai dingetjies my ou Annatjie. Jy is myne nou.” 


Kerneels gaan aan na ‘n rukkie se stilte: “Ek het ‘n familie, my seun is ok al getroud en ek het ‘n klein seun en dogter van hom af.” “Ek het altyd daar in die agterjaard by hulle gebly nadat my vrou met ‘n ander man weg geloop het. Ek het lang jare, da gebly. Maar toe het die dinge met my seun nes met oom Boetie se pa en oupa, vir my ook te erg geraak. Nou is ek gelukkig met Annatjie en Pietertjie saam.”


Ek laat sak my kop nes Annatjie s’n en vertel hoe ek perde gespeel het en gesuip het soos ‘n vark. Ek het nooit my pay huistoe gebring nie. Partykeer het ek nie eens myself huistoe gebring nie. Een dag toe ek huistoe gaan, dronk lyf platsak en honger het my vrou my daar met ‘n besem weg gejaag en gesê. “Voertsek ek wil jou nooit weer sien nie. Tot vandag wonder ek oor my dogtertjie.” 


Oom Boetie vertel na ‘n lang stilte so stukkie van sy ma ook :

“Sy was baie streng en kwaai en het geen nonsies gevat nie. Sy was die een wat ons redelik gereeld geraps het. Die dik leer plakkie het sy werk gedoen en ek glo vandag nog dat diè stukkie implement bygedra het tot ons algemene dissipline want groot krisisse was daar nie onder ons nie en het ons nie groot “waagstukke” aangepak met Ma in die rondte nie. 


Vandag haal ek my hoed af vir haar vir wat sy vir ons kinders gedoen het met inagneming van haar beperkte middele. Ons het altyd soos konings geëet. Daar was nie sommer net wegbly van skool af vir niks nie – jy moes regtig baie siek gewees het voor jy kan tuis bly.”

 

Skielik sit oom Boetie regop. “Ek moet huistoe gaan. Ons almal moet huistoe gaan.” Annatjie is onmiddelik op “Ag Here oom Boetie. Die mense wil oom dan doodmaak. En die is ons huisie.” Ek sit lê so op my elmbogie en is nou hard aan dink aan daai dogtertjie van my. Dis Kerneels wat volgende praat hy st ook nou al regop.” “Oom Boetie, dink oom dis veilig om huis toe te gaan. Ek het so veboureerd geraak gister en almal wil my doodmaak of toesluit. Dan dink my kop nie so helder nie. Ek weet nie wat dit is nie maar dis so al asof daar iets heeltemal toemaak nie. Maar noudat ek weer so vars lug geskep het en met julle gesels het, is my brein weer helder oop. Ek sal vir almal sê daar is nou weer niks fout met my nie. Hulle moet net dat ek so partykeer hier by julle kom oorbly.” “Ag my Here oom Boetie. Of course is da niks fout met oom saam nie. En oom kan mos enige tyd hier kom oorbly solank wat oom wil.” 


Kerneelsie vra besorgd of oom Boetie regtig dink dit is okay om terug te gaan. Want hy wat Kerneels is het gewonder oor hoe die familie moes voel by nou. Ek spreek toe sommer baie my hart ook uit, “So lief wat ek vir oom Boetie geraak het, is ek net so geworry oor daai gawe antie.” Kerneelsie kom met die oplossing “Ek gaan eers na die polieste. Ons stap tot daar bo. Dan wag Pietertjie by jou Annatjie en julle eers by oom Boetie daar om die draai. Ek sal vir die poliesman of die mense vir die oom sal doodmaak. Ek sal seker maak daar is nie probleme vir die oom nie, voor ek ek loop om hulle te wys. As ek baie hard praat en met my arms so swaai, as ek oor die bultjie stap saam met die polieste vat dan die pad boslangs dieper die kloof in ek sal julle daar kom kry. Annatjie daar waar ek en jy daai dag die vis gesit en braai het voor Kerneelsie se tyd. Anders ek rustig stap en sag praat of stil is, wag dan. Staan maar net stil, dan moet julle weet oom Boetie sal nie seer kry nie.


Ons het opgestaan, ons skoene en baadjies aangetrek endie opdraande uitgeklim. Vooraan was Kerneelsie, Annatjie het hom gevolg, dan oom Boetie en ek was die agterman. Ons het so skaduwee langs die straat afgestap links gedraai en die volgende pad het ons gesplit. Ek, Annatjie en oom Boetie af na die bos se kant toe en Kerneelsie poeliesstasie se kant toe. Kerneelsie het eers gewag om seker te maak alles is reg. Ons het daar aan die einde van die straat, so entjie afgestap met ‘n styl paadjie bietjie dieper die bos in, waar mense ons nie kon sien nie. Ook net waar mens nog boslangs bo die styl krans kan loop verder die kloof in. Daar was maar mis loop plek hier die bos was dig en die afgrond hoog. Ek het nadat ek seker gemaak het oom Boetie en Annatjie staan op die regte plek, weer opgestap om vir Kerneels die sein te gee. Kerneels het omgedraai en stadig na die poelieste gestap. Oom Boetie het gefluister hy wil net bietjie water afslaan. Ek het afgesak sodat niemand my kan sien nie, net my kop sodat ek die straatop kan kyk vir wanneer Kerneelsie oor die bult kom. 


Annatjie het vir oom Boetie gewys om daar by die bos te gaan staan en water afslaan. Oom Boetie het sukkel sukkel na die bos gestap maar in plaas daarvan dat hy regs na die bos draai gaan hy links kom op die rand van die krans. Dis donker mens sien swaar. Annatjie sien wat gebeur en hardloop nader maar oom Boetie verloor sy balans van die rots en val die diep krans af. “Oh Here tog Pietertjie wat nou. Dis diep daar af en daar is rots daaronder. Oom Boetie kan mos nie die val oorleef nie.” “Oh Annatjie ek gaan Kerneels oet vang voor hy die poliesstasie binne.  Kom jy ook solank op. Ek hardloop.”  Soos ek weghardloop hoor ek Annatjie huil nou kliphard. Ek sien Kerneels daar in die verte, ek is noog betyds ek kan hom vang. So vinnig soos ek nog op skool laas gehardloop het toe ek elke hekkies ressies gewen het. Ek roep na Kerneels en gelukkig stop hy en draai om. Ek waai my arms sodat hy moet kom en wys terug. Hy besef gou iets is fout, en kom nes ek met ‘n spoed aangehol. Ons stop uitasem toe ons bymekaar is. Ek verduidel vir Kerneelsie wat gebeur het soos ons stadig terug stap in die rigting wat Annatjie ook nou aankom. Annatjie is in ‘n toestand en Kerneelsie lyk bekommerd. “Ons kan nie nou vir die poelieste ga sê nie.” Ek het dit ook geweet. Kerneelsie drafstap na Annatjie en gryp haar in sy arms en gee haar ‘n lang druk. Sy snik soos sy huil en ek voel self asof ek kan tjank soos ‘n hond. “Aag my Here Kerneelsie. Ag my Here.”


Kerneelsie het ook ‘n paar trane afgevee “Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.” Annatjie hou vir ‘n oomblik op met huil en kyk diep in ou Kerneelsie se oë “Ons het darem een dag van oom Boetie se lewe vir ons gehad.”


------- 000 00 000 ------

Dis nou al ‘n paar maande nadat oom Boetie van die krans afgeval het. Intussen het  ons gereeld nog nuwe posters van oom Boetie gesien opkom hier in die dorp. “Still Missing” Alzheimer’s sufferer. Al oom Boetie familie was ook hier en het gekom en gegaan. Ons is ‘n paar keer deur sy kinders, sy vrou en ander mense gevra of ons dalk nie iets kon onthou nie. En stories wat ons gehoor het was dat oom Boetie die hele land vol gesoek word en dat mense hom orla al gesien het. Ons het so gebrand om vir iemand te sê, sodat die familie vrede te kan hê maar ons was bang. Ons gewetens het ons gepla, maar ons kon dit nie doen nie. So het ek, Kerneelsie en Annatjie vir maande nog gewonder en gehoop dat iemand tog vir oom Boetie sou kry. 


Dis so 7 maande later, vanoggend het Kerneelsie ons nog dik donker wakker gemaak. “Kom ek het ‘n plan. Ons gaan soek oom Boetie se liggaam en dan vertel ons vir die poelieste ons het van daai bugu plantjies daar gaan soek, toe ons op hom afkom. Annatjie dis baie digte bos en daar is slange ek dink jy moet hier bly.” Annatjie het opgestaan, die bekers reg gepak. Ek het die vuur begin pak en aangesteek. Die blik vol vars water gemaak en op die klippies staan gemaak. Van oom Boetie se tyd het ek ook besluit die is nie die vrou se werk nie. Eintlik het alles verander sedertdien. My gedagtes en my hart het al meer en meer daar na my vrou en dogter getrek. Het hulle nie dalk vir jare ook so na my gesoek nie. Lê hulle nie ook dalk nagte om soos oom Boetie se familie en wonder waar ek kan wees nie. Ek is bly Kerneels het ‘n plan gemaak. My gewete hou nie op om my te pla nie. Die arme tannie. Maar as alles vandag goed afloop kan ons dit nou agter ons sit. Die poelieste sal nie veel vrae vra as ons dit doen soos Kerneels gesê het nie.


Dit is aand en alles is verby. Ons het gou gekry waarvoor ons gesoek het. En die polisie kon oom Boetie uitken aan sy klere en hare. Ons het om die vuur gesit en koffie drink. Ek drink nie meer Tassies nie en werk nou al paar maande elke dag by ‘n paar mense in die tuin. Annatjie werk by ‘n Bed en Brekvis en Kerneels het vir hom ‘n werk gekry by die garage waar hy karre was. Hy kry ‘n goeie salaris en baie tips. Met van sy spaargeld het hy vir hom ‘n nuwe bril gekoop, nes die een soos oom Boetie. Nou kan hy weer Bybel lees. Elke aand lees hy voor uit die bybel en sluit af met ‘n gebed. Partykeer is sy gebed so lank dat ek aan die slaap raak voor hy klaar is. Hy het vir hom ‘n grand wit hemp en swart broek gekoop met ‘n helder groen das. Sondae gaan ons al drie kerk en na kerk gee Kerneelsie sondagskool vir die graad eens.  Ek moet breg ek het self vir my ook ‘n paar smart klerestukke aangeskaf. Ja vandat oom Boetie hier kom staan en bid het vir ons het hy onse harte mooi kom deur mekaar krap. Ek het die laaste paar maande genoeg gespaar sodat ek kan terug gaan na my familie daar in die Baai. 


Kerneels het vanoggend die Burger gekoop want die artikel oor oom Boetie was daar in. Die tannie het besluit die begrafinis gaan Vryddag ogend 11h00 in die klipkerkie hier op die dorp wees. Ons het klaar geëet en die skoteelgoed is gewas. Kerneels het eers vir ons die stuk in die koerant gelees. Ons maak planne vir die begrafnis en Kerneels en Annatjie is altwee seker hulle sal kan afkry by die werk. Hulle kyk na my “Ek het noudat oom Boetie se ding agter die rug is lank gewonder oor dit nie sommer nou vir my ook tyd is om vir my familie te gaan soek nie. Ek gaan maar vir my ‘n kaartjie vir die bus koop so gou ek kans kry. Julle twee is ‘n familie saam en ek is deel daarvan. Maar Kerneels, noudat jou en Annatjie se naam amper bo is op die council se lys vir die huisie en ons almal se lewens verander het, het dit  tyd gewrod dat ek by my kinders uitkom. Ek is ‘n ander mens en hulle sal my weer ‘n kans gee.  “Ai Pietertjie dis sad maar dis waar.” Kerneelsie met ‘n knop in sy keel, en ons gaan mos een van die dae vir ons ‘n motorkar ook koop dan gana preek ek daar in die Baai. Jy sal mos vir ons slaap plek kan gee. Ons almal lag saam selfs het ons ‘n hartseergeit in ons harte.


Dis Vrydagoggend en al die familie en vriende van oom Boetie sit reeds in die kerk toe ek en Kerneelsie en Annatjie saggies onself gaan sitmaak op die agterste bank in die kerk. Ons oge het geblink en Annatjie het in die middel gesit en my en Kerneelsie se hande styf vasgehou. Dit was ‘n kort diens en mense het kort-kort gesnik.  Aan die einde van die diens het oom Boetie se vrou ‘n mooi Elvis song ‘Glory Glory Halleluja’ laat speel en die mens ehet uit beweeg. Ons was nie skaam nie want ons het al drie netjies gelyk. Ek het my sak opgetel wat ek in die voorportaal laat staan het en die drie van ons het opgestap na die Shell Garage op die N2 daar aan die bokant van die dorp. 


Ek het gister my kaartjie bespreek terug Baai toe. My bus vertrek 2 uur vanaf die garage.  Dis baie gemengde gevoelens vandag. Maar alles eerder op een dag as aanmekaar. Annatjie huil nog eens stryk deur. Ek en Kerneelsie wat vir ons vanoggend ‘n paar goedkoop sonbrille daar by Violet gekoop het se oë kan mens nie sien nie.  Ons is seker ‘n uur te vroeg by die garage en Kerneelsie stap in Steers en koop vir ons elkeen ‘n koeldrank en burger. Hy kom terug en stop ‘n rol honderd rand note in my hand. Dis styf vasgebind met ‘n dik rekkie. “Aai nee Kerneelsie. Daai is jou en Annatjie se geld vir die huisie se goed.” Kerneels druk net my arm terug in my baadjiesak. Ek aanvaar dit en bedank hom vir dit en vir ales. “Bly stil Pietertjie. Bly eerder stil. Anners tjank ons almal nou-nou. En ons gaan mekaar weer sien. As jy jou voete vind en jy kry ‘n selfoon. Bel die polieste en los ‘n boodskap. Ek sal so elke nou en dan gaan luister of hulle nie van jou gehoor het nie. Een van die dae het ons ook een. En ons gaan kom kuier. ” 


Die bus trek weg vanaf Shell en ek waai vir oulaas vir Kerneelsie en Annatjie. Met my sitplek langs die venster hou ek die motors dop. Van die motors wat verbykom se mense herken ek van die kerk. Daai was van oom Boetie se kinders en kleinkinders wat daar verby gery het. Wonder oor hoe hulle voel.


By Stormsrivier se brug stop die bus vir ‘n lang ruk. Al oom Boetie se familie is hier ek stap naby hulle verby. Ek groet die tannie en sy groete vriendelik terug. Ons staan saam in die ry by Steers en nes die tannie koop ek my ‘n roomys.  Later in die badkamers is daar ‘n poster op met oom Boetie se foto ‘Still Missing’. Ek haal dit af en sit dit in my sak. 


No comments:

Post a Comment